Om Jesus vir Ons Behoeftes te Glo | World Challenge

Om Jesus vir Ons Behoeftes te Glo

David Wilkerson (1931-2011)September 29, 2020

Stel jou voor dat jy genesing op genesing, wonderwerk op wonderwerk, een verstommende wonder na ‘n ander beleef. Jy sou op jou knieë wees en God prys, nê? Jy sou waarskynlik vir jouself sê, “Ek sal nooit weer aan die genesende en wonderwerkende krag van Christus twyfel nie. Van nou af, sal ek onwankelbare geloof in my lewe uitoefen, maak nie saak wat gebeur nie.”

Die dissipels het gesien hoe Jesus vyfduisend manne plus vroue en kinders kos gegee het deur vyf brode en twee vissies te vermeerder. Terwyl hulle deel gehad het aan die verspreiding van die kos en gesien het hoe die voorraad aangehou het om te vermeerder, sou mens kon dink dat hulle geloof ook toegeneem het. Maar Jesus het in werklikheidhulle gedagtes gelees en Hy het geweet dat hulle nie verstaan het wat gebeur het nie. Die boodskap van die wonderwerke het nog nie in hulle harte en gedagtes geregistreer nie en twyfel het hulle steeds geteister.

Later, ná die dag se merkwaardige gebeure, sien ons dat Jesus sy dissipels “gedwing” het om stilweg op ‘n skuit te klim. “En Jesus het dadelik sy dissipels gedwing om in die skuit te gaan en voor Hom uit te vaar na die oorkant, terwyl Hy die skare wegstuur” (Matthéüs 14:22).

Die Griekse woord hier vir “gedwing,” beteken “om af te dwing met smeking, geweld of oortuiging.” Jesus het ten sterkste by sy dissipels aangedring: “Broers, klim net in die boot. Gaan nou." Jesus sou daar bly om die skare weg te stuur en later die dissipels te ontmoet.

Toe hulle van die wal af weggestoot het, wonder ek of Jesus sy kop in verwondering geskud het en hartseer was oor hulle wankelende geloof na alles wat hulle beleef het. Op daardie oomblik, moes Jesus gewik en geweeg het wat Hy sou moes doen om sy dissipels ‘n onwankelbare geloof te laat kry. Wat Hy gedoen het, was dramaties. Hy het op die see na hulle toe geloop in die middel van ‘n storm. Toe hulle hom sien, was hulle bang en het gesê, “Dit is ‘n spook! En hulle het geskreeu van vrees” (Matthéüs 14:26). Maar Jesus het gesê: “Hou goeie moed, dit is Ek! Moenie vrees nie” (14:27).

Die dissipels het nie daarin getwyfel dat Jesus menigtes met ‘n aanraking of ‘n woord kon genees nie. Maar toe hulle die skare verlaat het, het hulle bekommerd geraak oor hul eie behoeftes en dié van hul gesinne. Maar toe Jesus in die boot klim, het daar in mate van geloof in hulle harte opgekom. Toe kom hulle en “val voor Hom neer en sê: Waarlik, U is die Seun van God'' (14:33). Uiteindelik het hulle begin verstaan en daar was ‘n fondament van geloof in hulle gebou.

Download PDF