Moenie Dat Jou Blydskap Gesteel Word Nie

Gary Wilkerson

Tans is mense ongelukkiger is as ooit. Dit mag verbasend klink weens al die vooruitgang wat die mensdom maak. Ekonome sê vir ons dat ons die mees welgestelde geslag in die geskiedenis is. Ons het meer stokperdjies en vermaak as enige ander tyd. Ons het ook meer moderne geriewe as ooit. Mediese vooruitgang neem jaar na jaar toe.

Ten spyte van hierdie vooruitgang, word daar egter deur leiers in bykans elke veld – psigiatrie, sosiologie, medisyne, onderwys – vir ons gesê dat hierdie geslag die ongelukkigste geslag is wat ooit geleef het. Dit is egter nie tot die sekulêre gemeenskap beperk nie. Dieselfde statistiek is van toepassing op die familie van God – mense wat gered, geheilig en gevul is met God se Gees, God se Woord ken en aktief in die Christelike gemeenskap is. Jongmense praat van verveeld wees al is daar duisende digitale vermaaklikhede binne hulle bereik. Aan die einde van die dag, laat dit hulle met ‘n innerlike angs.

Ons blydskap word van ons gesteel! Die Bybel sê, “Die dief [Satan] kom net om te steel en te slag en te verwoes” (Johannes 10:10). Dit nie net ‘n waarskuwing vir mense teen verslawings of ernstige sonde nie. Die vyand van ons siele wil ons beroof van alles wat God vir ons in gedagte het, insluitend blydskap, vrede, vergenoegdheid en ‘n dinamiese lewe – en volgens die Bybel, sluit dit geluk in.

Die Bybel sê vir ons, “Welgeluksalig [gelukkig] is die volk wat die geklank ken; o HERE, hulle wandel in die lig van u aangesig” (Psalm 89:15). “En Ek sal hulle rou in vreugde verander en hulle troos en hulle tot blydskap [geluk] bring in hulle kommer” (Jeremia 31:13).

Hoe verdra volgelinge van Jesus in ander dele van die wêreld vreesaanjaende aanvalle? Hoe behou Christene in tronke in lande wat teen hulle geloof vyandiggesind is, hoop? Hulle het binne-in hulle ‘n blydskap en geluk wat hulle deur alles dra. Die Bybel waarna hulle kyk, vernuwe hulle gedagtes en wek in hulle op wat die Gees reeds in hulle harte geplaas het: daardie ware geluk – deur God gegee – is ‘n werklikheid in ons lewens.

Wanneer jou verstand gevul word met negatiewe gedagtes – wanneer jy begin om God se liefde vir jou en sy behae in jou in twyfel te trek – onthou dat dat jy ‘n kind van jou hemelse Vader is en Hy ‘n behae in jou het. Sy Woord maak dit ‘n werklikheid, so glo dit en vind ware geluk!

Tags