Jesus, Heilig en Gesalf

Daar is twee elemente van Jesus se lewe wat bedoel is om ook deel van óns lewens te wees. Dit is, ons is geroep om heilig en gesalf te wees. Sommige Christene mag geïntimideer voel wanneer hulle dit hoor. “Ek lewe sekerlik ‘n sedelike lewe en ek doen my bes om goddelik te wees – maar heilig? En gesalf? Hoe kan dit wees met al my mislukkings?”

Tog is daar ‘n antwoord reg uit Petrus se pen: “Omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig” (1 Petrus 1:16).

Die enigste manier hoe dit ooit kan plaasvind, is as Jesus vir ons sy eie heiligheid en salwing gee. En dit is presies wat Hy gedoen het, deur sy volmaakte offer vir ons. Christus het 33 vlekkelose jare geleef op hierdie aarde, met al sy motiewe, woorde en dade volkome heilig. As Hy skuldig was aan net een sonde, sou Hy nie vir al ons s’n kon betaal nie. Maar deur sy volmaakte lewe op aarde, was sy betaling van ons sondes en die sondes van die hele wêreld – volkome en oneindig.

Tog het Christus se werk vir ons – sy kruisiging, dood en opstanding – meer gedoen as om ons te reinig van sonde. Daardeur het Hy ook aan ons sy geregtigheid gegee. Dink na oor wat ‘n verstommende ding dit is: Terwyl al ons sondes op Hom gekom het, het al sy geregtigheid op ons gekom.

Jy sien, een van die sondes waarvan God ons gereinig het, is ons diep geloof dat ons gedrag ons regverdig maak. Ons kan nooit ons weg na ‘n hoër vlak van geregtigheid verdien nie; ons is deur Hom alleen geregverdig. Dit is waar ons oorwinning lê. Soos Paulus getuig, “En in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof” (Filippense 3:9).

Jy kan dalk heilig voel op dae wanneer jy goed doen, aanbid en bewus is van God op alle maniere. Maar moenie dit misgis vir ‘n staat van heiligheid nie. Jy kan nooit heiliger wees as wat Jesus se bloed jou maak nie, selfs op jou slegste dag. So, deur sy krag, is ons sy waardige getuies, nie net in goeie tye nie, maar ook in slegte tye. Sy offer verlos ons nie net van sonde en maak ons regverdig nie, maar dit stel ons in staat om vir Hom te praat.

Dit alles is bestem vir ‘n spesifieke doel: sodat ons die blydskap van die Here met ander kan deel.

Ten spyte van Christus se ontsaglike gawes aan ons, is sommige van ons oortuig dat ons nie waardig is om die evangelie te verteenwoordig nie: Ons word sy heilige verteenwoordigers, nie deur ons eie vermoë nie, maar deur God se werk in ons: “Dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus” (Filippense 1:6).

Petrus was waarskynlik die eerste Christen om hierdie kragtige waarheid te verkondig. In Handelinge 10, het Hy in Joppe gebly by ‘n leerlooier genaamd Simon. Eendag terwyl hy op die dak gebid het, het Petrus ‘n belewenis gehad wat sy oë oopgemaak het oor “onreinheid” en dit het die verspreiding van Christus se evangelie beïnvloed tot vandag toe.

Petrus het “omtrent die sesde uur op die dak geklim om te bid; en...het daar ’n verrukking van sinne oor hom gekom: hy sien die hemel geopend en ’n voorwerp soos ’n groot laken na hom afdaal, wat aan die vier hoeke vasgebind is en op die aarde neergelaat word. Daarin was al die viervoetige diere van die aarde en die wilde en kruipende diere en die voëls van die hemel. Toe kom daar ’n stem na hom: Staan op, Petrus, slag en eet! En Petrus sê: Nooit nie, Here, want ek het nooit iets onheiligs of onreins geëet nie. En weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie. En dit het drie maal gebeur, en die voorwerp is weer in die hemel opgeneem” (Handelinge 10:9-16).

Petrus was verward oor dit alles. Toe het daar skielik ‘n groep manne by die huis opgedaag. Hulle was gestuur deur Cornelius, ‘n militêre man wat ‘n ontmoeting met ‘n engel gehad het. Die engel het hom beveel om Petrus te gaan haal, wat vir hom sou vertel wat God wou hê hy moes doen.

Terwyl Petrus gewonder het oor die gesig, het die Heilige Gees vir hom gesê, “Daar is drie manne wat jou soek. Staan dan op, klim af en gaan saam met hulle sonder om te twyfel, want Ek het hulle gestuur” (Handelinge 10:19-20).

Die mans het vir Petrus gesê, “En hulle sê: Cornelius, ’n hoofman oor honderd, ’n regverdige en godvresende man, wat ’n goeie naam het by die hele Joodse nasie, het ’n goddelike openbaring ontvang deur ’n heilige engel, om u te laat haal na sy huis om te hoor wat u sal sê” (10:22).

Nou het Petrus verstaan waarom God hom die visioen gegee het. Hy het saam met die mans gegaan en toe hy Cornelius se huis binnegegaan het, het hy gesê, “Julle weet dat dit ongeoorloof is vir ’n Joodse man om met iemand van ’n ander volk omgang te hê of hom te besoek; maar God het my getoon dat ek geen mens onheilig of onrein mag noem nie” (10:28). Petrus het gevra waarom Cornelius hom laat haal het en Cornelius het hom van die engel vertel.

Toe het Petrus Jesus Christus verkondig aan almal teenwoordig die evangelie verkondig en gesê: “Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang” (Handelinge 10:43). Terwyl hy dit gesê het, het die Heilige Gees geval op almal wat die Woord gehoor het, waarna hulle gedoop was.

Die gevolg was dat almal wat daar teenwoordig was daardie dag, Jesus aangeroep het as Here. Hulle was waarskynlik die eerste Heidene om die evangelie te hoor en gered te word. Voor dit, het Petrus en die ander dissipels aan die Heidense wêreld gedink as geslote vir die evangelie. Maar God se openbaring aan hom het die deur oopgemaak om hierdie genesende, reddende krag na die wêreld te neem.

Jesus se gawe van heiligheid is bestem as meer as ‘n persoonlike seën vir ons; dit is bestem om ons te bemagtig om sy werk te doen.

Soos Petrus sê, “Met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was” (Handelinge 10:38, my beklemtoning). Die Griekse woord wat Petrus gebruik vir “gesalf” beteken hier “invryf aan.” Hierdie definisie stel voor dat God se gawes bestem is om gedeel te word. En dit is waarvoor sy salwing op ons is: om uit te gaan en die goeie werke te doen wat Hy ons geroep het om te doen.

Nie lank gelede nie, was ek klaar gepraat by ‘n leiersskapkonferensie en ek het ‘n pendeltrein geneem na die lughawe. ‘n Jong vrou het net oorkant die paadjie van my gesit en ek haar starende blik op my gevoel. Uiteindelik het sy oorgeleun en gevra, “Was jy een van die sprekens by die konferensie?”

Ek het vir haar ja gesê en sy het gesê, “O, dit was briljant!” Ek het nog nooit daardie woord gehoor wat enige van my boodskappe beskryf het nie. Toe het sy bygevoeg, “Die manier waarop jy die midde-15de-eeuse Duitse kuns beskryf het, was ongelooflik!”

Dit was duidelik ons het twee verskillende konferensies bygewoon. “Nee, dit was nie ek nie,” het ek gelag. “Maar is jy ‘n kunstenaar?” “Ja, ek bly in New York Stad,” het sy gesê. “Wat doen jy?”

“Ek het die beste werk in die wêreld,” het ek gesê. “Ek kan om die wêreld reis en vir mense vertel Jesus het hulle lief.”

“Wow,” het sy gesê en haar kop geskud. “Dit is regtig – weird.” Ek het nie aanstoot geneem nie. Ek kon agterkom sy het net bedoel “ongewoon.” Ek het vir haar gesê, “Eintlik is dit goed, want diep binne is die meeste mense bekommerd en hartseer en weet nie hulle word liefgehê deur Iemand wat dit alles sien nie.”

“O,” het sy gesê en haar oë het gerek. “Ek kan dit verstaan. Heeltyd toe ek by hierdie kunskonferensie was, het ek gevoel my werk weeg nie op teen ander s’n nie.” Toe, tot my verbasing, het sy vir my vertel dat haar kuns in TIME tydskrif en die New York Times verskyn – maar op een of ander manier het sy steeds onwaardig gevoel!

Ek het vir haar gesê, “Daar is ‘n manier waarop jy anders oor jouself kan voel. Laat my jou vertel wie Jesus is.”

“O, ek het gehoor van Jesus,” het sy gesê. Maar toe ek vir haar verduidelik het, het dit duidelik geword dat sy regtig niks van Hom geweet het nie – byvoorbeeld, dat Hy ‘n volmaakte lewe op aarde geleef het. “Regtig?” het sy gevra. “Niemand het nog ooit ‘n volmaakte lewe geleef nie.”

So, toe het ek haar vertel van sy volmaakte offer aan die kruis. “Het dit regtig gebeur?” het sy gevra. “Soos daardie klein figuurtjies aan die kruise?”

“Ja,” het ek gesê, “en Hy het vir jou gesterf.” Sy het na my gestaar. “Vir my?” het sy gevra.

“Ja,” het ek gesê, “omdat Hy jou so baie liefhet.”

Trane het by haar oë uitgestroom. Ek het verder gegaan, “En toe het Hy op die derde dag opgestaan.

Haar mond het oopgeval. “Nooit!” het sy gesê.

“Regtig?” het sy gevra, “waar is Hy?”

“Hy is in my hart,” het ek gesê. “En Hy kan in joune ook wees.”

Hoop het oor haar gesig geflits. “O, dit sal wonderlik wees,” het sy gesê.

Toe die bus die lughawe bereik het, was ons steeds diep in gesprek. So, ons het aangehou praat toe ons na die terminaal geloop het. “Ek wil hê waarvan jy praat,” het sy gesê. Ek het geantwoord dat ons net daar op die plek kon saambid. En ons het, terwyl duisende mense verbygeloop het. Toe ons klaar was, het sy haar oë oopgemaak en gesê, “Daar is ‘n vreemde gevoel in hierdie plek. Vreemd, maar op ‘n manier, goed.”

“Dit is die salwing van die Heilige Gees,”het ek vir haar gesê. “Die Heilige Gees raak jou lewe aan.” Sy het begin huil. “O, ek kan voel waarvan jy praat,” het sy gesê. “Vir die eerste keer in my lewe voel ek dit!”

Sy was vrygemaak. Ons het besigheidskaartjies uitgeruil, in kontak gebly en vandag floreer sy in Christus. Nie lank gelede nie, het sy geskryf om te sê dat haar man ‘n ateïs is en sy bid dat hy saam met haar kerk toe sal gaan.

Op my eie, dink ek nie ek sou ooit daarvan gedroom het dat ek ‘n wêreldklas kunstenaar soos hierdie vrou sou nader nie. Maar Jesus het my gesalf om dit te doen – toe ek dit die minste verwag het – en Hy het iemand se wêreld verander daardeur.

Wanneer ons hierdie salwing aanvaar, volbring ons sy opdrag aan ons: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo — die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan” (Johannes 14:12). Daar is ‘n hele wêreld wat sy genesing, reiniging, reddende krag nodig het. En dit gebeur nie deur ons strategie of vermoë nie, maar deur sy volmaakte offer – “omdat Ek na die Vader gaan.”

Ek het geleer om nooit enige geleentheid wat Jesus vir my gee te betwyfel nie.

Die sleutel hiertoe is ons geloof dat Hy reeds aan die werk is. Toe die dissipels Jesus gevra het om vir hulle geloof te gee, het sy antwoord alles vir ons gesê: “En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ’n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie” (Matthéüs 17:20).

Christus se woorde is duidelik: Ons het nie méér geloof nodig nie. Ons moet uitstap in geloof – omdat Hy ons reeds gesalf het om goeie werke te doen. Ek moedig jou aan, aanvaar sy heiligheid, maak nie saak wat jy van jouself dink nie – en ontvang sy salwing om die werke te volbring waarvoor Hy jou toegerus het. Hy sal elke deur oopmaak – en jy sal Hom onverwagte wonders sien doen. Amen!