Bedek deur die Bloed van Christus

David Wilkerson (1931-2011)

Niemand kan al Christus se teen goedertierenheid en die veelvuldige seëninge van sy gestorte bloed tel nie. Maar laat ons in die besonder op een oorwinning fokus: die vergifnis van alle vorige sonde.

“Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde ... As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig” (1 Johannes 1:7,9).

Dit is noodsaaklik dat elke volgeling van Jesus hierdie waarheid duidelik begryp. Toeëining het alles daarmee te doen of ons ‘n seëvierende geloof sal handhaaf te midde van verskriklike verdrukkings. Trouens, in dae van onsekerheid, is hierdie saak van rus in Christus se vergifnis deurslaggewend.

Baie mense wat Jesus getrou oor die jare gedien het, het selfversekerd geword dat hulle geloof enige vuuroond kan weerstaan. Net soos die dissipels, getuig hulle, “Nou sien ek, Here. Nou glo ek.” Hulle dank God dat Christus hulle oë oopgemaak het vir sy ewige planne.

Dan skielik, beleef hulle ‘n oorweldigende, ontsettende krisis. Hulle besef dat hulle ‘n vuuroond sewe keer warmer as wat hulle al ooit beleef het, binnegegaan het. Hulle het van aangesig tot aangesig gekom met ‘n stryd so pynlik, ‘n gesukkel so uitmergelend dat hulle huis begin bewe. En gou word dit oorstroom met laste en vrese.

Hoor die woorde van die apostel Paulus: “En hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is. Hom het God voorgestel in sy bloed as ‘n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God” (Romeine 3:24-25).

Deur geloof in Christus se gestorte bloed, word alle vorige sonde bedek! Ons word in die oë van God vrygespreek deur sy onverdiende vergifnis. Alle skuld, vrees en veroordeling word opgehef en alle vorige beskuldigings uitgewis. Halleluja!

Dit is verstommend dat God voorsiening gemaak het vir hierdie versoening toe jy steeds in sonde was. Volgens Paulus, “Maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was” (Romeine 5:8). Laastens, sê Paulus vir ons, “Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees” (Romeine 8:1).