‘n Uur van Ernstige Depressie

David Wilkerson (1931-2011)

Asaf, ‘n Leviet van priesterlike afkoms in Israel, was ‘n sanger wat gedien het as Dawid se koorleier. ‘n Psalmdigter wat regverdige lesse vir God se volk geskryf het, het Psalm 77 geskryf nadat hy in ‘n diep depressie verval het: “My siel weier om getroos te word” (Psalm 77:3).

In werklikheid, is Asaf se belewenis nie ongewoon vir gelowiges nie. Trouens, hierdie diep, donker beproewings was beleef deur groot predikers van die verlede. Byvoorbeeld, Charles Haddon Spurgeon was bekend as een van die mees godvresende Bybelpredikers van alle tye, ‘n biddende man wat die Here voortdurend gesoek het. Tog het hy ook ernstige, folterende depressie beleef (In daardie dae, was hierdie toestand “melancholie” genoem).

John William Fletcher, nog ‘n dienaar van God, het diep depressies gely. Fletcher het bedien onder niemand anders nie as John Wesley, wat Fletcher die goddelikste man op die aarde genoem het. Hierdie man het die Gees van Christus uitgestraal, maar het ook die aaklige dieptes, wat Asaf beskryf het, beleef. ‘n Verskriklike depressie sou uit die bloute oor hom kom en hom vir dae aaneen verdruk.

Andrew Bonar, ‘n goddelike, biddende pastoor van die negentiende eeu, beskryf dat hy soortgelyke ervarings gehad het. Hy het die volgende pynlike storie in sy joernaal geskryf: “Ek moet vrygemaak word van die skadu van vrees, onsekerheid ... Skande en droefheid vul my weens my onheiligheid ... Daar is skynbaar ‘n wolk tussen my en die Seun van Geregtigheid.”

Al hierdie biddende bedienaars het ‘n tydperk van ernstige depressie beleef. Nie eers die goddelikste, mees toegewyde apostel Paulus was immuun nie. Hy het aan die Korinthiërs geskryf, “Verdrukking wat oor ons in Asië gekom het...dat ons dit bo ons krag uitermate swaar gehad het, sodat ons selfs aan ons lewe gewanhoop het” (2 Korinthiërs 1:8). Natuurlik was Paulus verlos en het seëvierend daar uitgekom!

Selfs Christus het so ‘n ernstige moeilike uur beleef. Hy het vir Andréas en Filippus gesê, “Nou is my siel ontsteld” (Johannes 12:27). Toe Jesus dit gesê het, was die kruis sy vooruitsig, wetend dat die tyd van sy dood naby was. Later, het Jesus vir hulle wat Hom gekruisig het, gesê, “Maar dit is julle uur en die mag van die duisternis” (Lukas 22:53). Jesus het in wese gesê, “Dit is Satan se uur.” Net so, kan jy seker wees dat jou donker, onrusbarende uur, Satan se werk is.

Dit is goed om te weet dat dit nie die Here is wat so ‘n verskriklike depressie oor sy kinders laat kom nie. Hy wil jou help om jou blydskap, vrede en rus terug te kry terwyl jy sy eie heerlike plan in jou beproewing leer verstaan – verlos en seëvierend.