Verbind aan die Heilige Gees se Leiding

David Wilkerson (1931-2011)

“So was dit altyddeur: die wolk het dit oordek, en snags ‘n gedaante van vuur” (Númeri 9:16).

In Númeri 9 lees ons van ‘n wolk wat neergedaal het en die tabernakel in die woestyn bedek het. Die wolk het God se voortdurende teenwoordigheid by sy volk verteenwoordig, en vir ons vandag, dien die wolk as ‘n tipe van die Heilige Gees se werk in ons lewens. In die nag, het die wolk wat die tabernakel bedek het, ‘n vuurkolom, ‘n warm gloed in ‘n donker plek geword.

Die kinders van Israel het altyd hierdie bonatuurlike wolk gevolg, waarheen dit hulle ook al gelei het. As dit opgestyg het bo die tabernakel, het die volk hulle tentpenne opgetrek en dit gevolg. En waar die wolk ook al gestop het, het die volk ook gestop en hulle tente opgeslaan (sien 9:18-19).

Nog ‘n wolk het uit die hemel neergedaal eeue later by die Bovertrek in Jerusalem. Die Heilige Gees, dieselfde Gees wat oor die woestyn tabernakel gehang het, het neergedaal en oor honderd-en-twintig aanbidders wat in die Bovertrek vergader het ná Jesus se dood. Hierdie wolk het tot in die kamer waar die mense gesit het, ingekom en dit het op die hoofde van die mense gebly soos verdeelde tonge van vuur (sien Handelinge 2:3).

Ons wat Jesus vandag liefhet, het ook ‘n wolk om te volg. Ons mag gevul wees met die Heilige Gees, maar ons moet onsself steeds verbind om opdragte van Hom te neem. As ons nie in alles op sy leiding wag nie, wandel ons eenvoudig nie in die Gees nie. Paulus se instruksies maak hierdie onderskeid duidelik: “As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel” (Galásiërs 5:25).

Die betekenis van Paulus se frase rakende wandel in die Gees beteken: “Sê net ja!” “Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons” (2 Korinthiërs 1:20). So, volgens Paulus, begin ons in die Gees wandel wanneer ons ‘n oortuigende, vasbeslote “godvresende ja” sê vir al God se beloftes. Dit beteken, “Vader, ek het u beloftes gelees, en ek sê ja vir hulle almal. Ek glo u woord aan my.”

God sal jou in die hele waarheid lei, jou lei waarheen Hy wil hê jy moet gaan en vir jou dinge wys wat Hy wil hê jy moet weet. Sê net ja vir Hom vandag!