Godgegewe Vermoë om Jou Voorneme te Handhaaf

Claude Houde

Daar is baie Hebreeuse en Griekse woorde in die Skrif wat die nuanses, diepte en betekenis van God se verbintenis en “voorneme” met ons, en ons geloftes en voornemens met Hom uitdruk. ‘n Definisie van die konsep van “voorneme” in die Ou Testament, is: “’n Goddelike dekree; ‘n menslike hoop; ‘n proklamasie van die ware intensie en vasberade wil; ‘n uitdaging om verhoor te word; ‘n hart en ‘n wil verbintenis; ‘n besluit wat die oomblik sal maak; ‘n nuwe era; die begin of die einde van ‘n periode van ‘n vasgestelde optrede; ‘n publieke of persoonlike deklarasie of proklamasie wat ware verbintenis en ‘n diepgaande begeerte weerspieël.”

“Geloof met ‘n voorneme” is die bymekaarkom van ‘n opregte menslike besluit met goddelike krag wat ons uitdaag en verander. Dit is die Heilige Gees se ingryping en transformasie van ons geskiedenis. Dit is die hand van God wat ons s’n vashou. Luister na hierdie belofte wat Paulus aan die Thessalonicense geskryf het en wat God self aan jou skryf:

“Dit is die rede waarom ons altyd vir julle bid, dat ons God deur sy krag al sy planne van goedheid en genade vir julle sal volbring, deur die werking van julle geloof dat Hy deur sy krag julle sal toelaat en bekwaam sal maak, deur lewe aan julle geloof te gee deur sy genade.”

Dit is van uiterste belang dat ons besef dat God alleen, deur sy genade en Gees, ons in staat kan stel om enige voorneme te kan handhaaf. Paulus herinner die Filippense aan hulle enigste bron van krag: “Want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae” (Filippense 2:13). Dit is ‘n geestelike beginsel, ‘n koninkrykswet – daardie oomblik wanneer God verhoor in reaksie op die hart wat sy onvermoë en absolute onbekwaamheid om Hom met sy eie krag of wil te behaag volkome besef.  Dit is die dood van eie wil, eie besluite, eie afhanklikheid en selfvertroue wat ons by sy opstandingskrag uitbring. Dit is die goddelike konneksie en die oomblik wanneer die hele hemel se potensiaal, almag en kapasiteit inkom om jou menslike voorneme moontlik te maak.

Dit is slegs deur sy krag wat ons die voorneme wat Hy in ons harte deur sy Gees skryf, kan bereik en volbring.

Claude Houde is the hoofpastoor van Eglise Nouvelle Vie (Nuwe Lewe Kerk) in Montreal, Kanada. Onder sy leierskap het Nuwe Lewe Kerk gegroei van ‘n handjievol mense tot meer as  3500 in ‘n deel van Kanada met min suksesvolle Protestante kerke.