‘n Struikelblok vir Vrugbaarheid

David Wilkerson (1931-2011)

Jakobus het gesê, “Maar as julle bittere afguns en selfsug in julle harte het, moenie roem en lieg teen die waarheid nie” (Jakobus 3:14).

As boodskappers van Christus se evangelie, kan ons eenvoudig nie aan jaloesie of afguns vashou nie. Jakobus maak dit duidelik dat dit ons sal verhinder om ‘n getuienis met geestelike gesag te hê omdat ons ‘n leuen leef.

In eenvoudige terme, die sonde van jaloesie of afguns is ‘n bitter gif. Koning Saul verskaf die duidelikste voorbeeld hiervan in die hele Skrif. In 1 Samuel 18, keer Dawid terug van ‘n oorlog waarin hy die Filistyne verslaan het. Terwyl hy en Koning Saul in Jerusalem ingery het, het die vrouens van Israel uitgekom om Dawid se oorwinnings te vier met dans en lofsange. “Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende!” (1 Samuel 18:7).

Saul was seergemaak deur hierdie vreugdevolle viering en het gedink, “Hulle het Dawid die tienduisende gegee, maar my die duisende gegee; hy moet nou nog net die koningskap kry!” (18:8). Onmiddellik was Saulus oorgeneem deur ‘n gees van jaloesie. In net die volgende vers, lees ons van die dodelike effek wat dit op hom gehad het. “En van dié dag af en verder het Saul die oog op Dawid gehad” (18:9).

Saulus was briesend en dikmond van selfbejammering. Hy het waarskynlik gedink, “Ek het so hard gewerk, alles prysgegee om hierdie mense te dien en nou draai hulle teen my. Hulle besing die lof van my assistent minister terwyl hulle my ignoreer.”

Dit is tragies dat Saul hierna “Dawid se vyand geword [het] al die dae” (18:29). Die feit van hierdie storie is dat, maak nie saak hoe hard die mense Dawid toegejuig het nie, God se Gees was steeds op Saul en Israel het hom steeds liefgehad. Die Here se belofte om vir hom ‘n ewige huis te bou, was duidelik steeds in plek. Het Saul sy afguns erken en die Here genader, sou God hom groot eer betoon het; en Dawid, sy lojale kaptein, sou met blydskap die koninkryk vir Saul verseker het met sy militêre vaardighede. Maar Saul wou homself nie verneder nie, met die gevolg dat die Gees van die Here hom verlaat het (sien 18:12).

In hierdie moelike dae, behoort ons eerste prioriteit te wees om tot Jesus te nader. Bring tyd in gebed deur en maak Hom die belangrikste werk in jou lewe, en Hy sal vir jou sy hart wys. Deur sy Gees, sal Hy alles wat nie soos Christus is nie van jou verwyder, en Hy sal sy geestelike salwing op jou uitstort.