Om Die Onmoontlike te Gebruik om Verlossing te Bewerkstellig

Carter Conlon

Sagaria 4:6 sê, “Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van die HERE aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare”

Wanneer bid dat die onmoontlike gebeur, beteken dit dat ons besef dat niks bereik sal word deur ons natuurlike vermoëns of ons eie meganismes nie – maar deur God se Gees. Wonderwerke, vir die Christen, behoort nie iets te wees wat ons net aanvaar nie, maar verwag! Nou, deur dit te sê, beteken nie dat God sy wonderwerke rondstrooi soos items wat by die vyfrand winkel gekoop kan word nie. God se wonderwerke is nie vir ons persoonlike genieting of luukse nie. Ja, Hy kan ons seën, maar Hy is nie ‘n kosmiese djin wat goedkoop wonderwerke vir ons eie selfsugtige voordeel uitdeel nie.

God werk in die onmoontlike om verlossing te bring en om eer aan sy Naam te bring. God se wil gaan daaroor om God se werk in ons lewens te volbring. Dit is waarom sommige mense wonderbaarlik van siektes genees word en ander nie. Wat sal God se groter plan en heerlikheid in ons situasie bewerkstellig? Ons bid en glo die Here vir die onmoontlike en kyk hoe Hy dit, wat die natuurlike nie kan doen nie, bewerkstellig.

God sê deur die beloftes van sy Woord dat Hy jou gaan neem en jou in iets gaan verander wat baie groter is as wat jy is. Dit is die sigbare getuienis wat God aan sy kerk gee dat jy en ek verander word in baie meer as wat ons ooit sou kon hoop om in ons eie krag te wees. Paulus sê dat ons verander word deur die Gees van God, na sy beeld, van heerlikheid tot heerlikheid (sien 2 Korinthiërs 3:18).

Die veranderde lewens van mense, verlos deur die krag van die kruis, is die grootste getuienis van die waarheid van die evangelie teenoor ons afvallige en behoeftige wêreld. Die dissipels het saamgekom en eensgesind gebid, “U is God.” En dit is waar ons gebed moet begin – “U is God! U het gespreek en wêrelde is geskep. U het gespreek en die lewe het in wording gekom. U het gespreek en diere was geskep. U het na die stof van die aarde gekyk en U het gespreek en asem in die mens geblaas het ‘n lewende siel geword. U is God – niks is vir U onmoontlik nie!”

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Kerk in 1994 en was aangestel as Senior Pastoor in 2001. In Mei 2020 het hy oorgegaan in ‘n voortgesette rol as Algemene Opsiener van Times Square Church, Inc.

Tags