Groot Golwe en Klein Geloof

Tim Dilena

Hoe aanbid jy wanneer vrees probeer om jou hart oor te neem? Om dit te begryp, kyk na die dissipels toe hulle in ‘n storm was en Jesus daar reg by hulle was.

“En toe Hy in die skuit klim, het sy dissipels Hom gevolg. En daar het ’n groot storm op die see gekom, sodat die skuit toe was onder die golwe; maar Hy was aan die slaap. Daarop kom sy dissipels en maak Hom wakker en sê: Here, red ons, ons vergaan!” (Matthéüs 8:23-25).

Jesus het opgestaan en die winde en die see bestraf en dit het heeltemal kalm geraak. Die manne was verwonderd en het gesê, “Wat vir ’n mens is Hy, dat selfs die winde en die see Hom gehoorsaam is?” (8:27).

Wanneer jy groot golwe en min geloof het, sal jy vreesprobleme hê, maar as jy groot golwe en groot geloof het, dan weet jy dat God dit onder beheer het.  Wanneer jy dus ‘n turbulente oomblik beleef, of dit in ‘n vliegtuig of ‘n boot is of waar jy ook al mag wees, onthou dat vrees nie van God af is nie. “Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing” (2 Timótheüs 1:7).

Elke dag het ons liefde, krag en selfbeheersing nodig. Maar wanneer vrees kom, verdryf dit daardie dinge. Die teenoorgestelde van krag is swakheid; die teenoorgestelde van liefde is nie haat nie, maar selfsug; en die teenoorgestelde van selfbeheersing, is ‘n brein vol irrasionele gedagtes.

Wanneer vrees toeslaan, verstaan ons gewoonlik nie wie reg voor ons staan nie – Jesus! ‘n Gelowige se geloof kan nooit groter word as wie hy sien God is nie. Wanneer ons God sien vir wie Hy werklik is – hoe groot Hy is – dan begin ons geloof om groter te word en vrees begin om te verdwyn.

Jesaja het gesê, “Hef jou stem op met mag; hef dit op, wees nie bevrees nie ... Hier is julle God!” (Jesaja 40:9). Hy sê in wese, “Julle wat vrees, jule God is hier! Dit is wie Hy is. Dit is hoe Hy lyk.” En Hy lyk baie indruwekkend! “Wie het die waters met die holte van sy hand afgemeet” (40:12). Tweederdes van hierdie planeet is met water bedek en op plekke is die water agt myl diep. Volgens wetenskaplikes, is die totale volume water op aarde op planeet Aarde onberekenbaar – te veel liters om selfs uit te druk En ons God hou daardie water in die holte van sy hand.

“[Hy het] die hemele met ’n span die maat geneem” (49:12). Beskou die span van jou hand – van die punt van die pinkie tot die punt van jou duim. Ons God is so groot dat Hy die heelal met sy hand afmeet. Dink daarom hieraan die volgende keer wat jy versoek word om te vrees. Dink aan die holte en die span en onthou die grootheid van jou God. Roep dan saam met Jesaja uit, “Hier is my God!”

Nadat hy ‘n middestad gemeente in Detroit vir dertig jaar lank bedien het, het Pastoor Tim vir vyf jaar by Brooklyn Tabernacle in New York Stad en vir vyf jaar in Lafayette, Louisiana bedien. Hy het Senior Pastoor van Times Square Kerk geword in Mei 2020.