Sy Begeerte om in Al Jou Behoeftes te Voorsien

Gary Wilkerson

“En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus” (Filipense 4:19).

Om te kry wat ons wil hê, is nie ‘n algemene onderwerp onder Jesus-volgelinge nie, maar in werklikheid, het dit alles te doen met God se karakter en hoe ons Hom sien. Baie van ons nader die Vader asof Hy net ons gebede vir “geestelike” dinge hoor. Maar Paulus sê dat God se sorg alle aspekte van ons lewens dek: Hy sal in al jou behoeftes voorsien.

Paulus voeg by: “En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk” (Efésiërs 3:20, my beklemtoning). Kortliks, God is geïnteresseerd in baie meer as om ons behoeftes aan te spreek. As Paulus die woorde “bid of dink” gebruik, verwys hy na ons behoeftes en begeertes. Verder sê Paulus dat God meer as ons begeertes wil gee – Hy wil dit oortref.

Dus, as ons bid om ons beker vol te maak, wil God dit laat oorloop. Jy sien, as ons ons begeertes bid, gaan dit nie net oor ons en ons behoeftes nie. Dit gaan oor om ‘n goeie, liefdevolle Vader te ken wat Homself daarin verheug om oorvloedig te gee.

Baie van ons begeertes kom van God af. Deel van sy deurlopende heiligmakingswerk in ons wandel met Hom, is ‘n begeerte om goeie dinge wat Hy in ons plant te wil hê. Soos enige liefdevolle ouer, wil God hê ons harte moet in lyn wees met syne, sodat ons geseën kan wees.

Sekere tye in die lewe is ‘n stryd, maar God gebruik daardie tye om ‘n ontevredenheid in ons harte te plaas, ‘n honger om sy oorvloedige goedheid te beleef. Soms duur hierdie tye langer as waarvan ons hou, en ons leer om Jesus daardeur te vertrou. Selfs daardie tye is dus goed bedoel.

As jy tans ‘n moeilike tyd beleef, moedig ek jou aan om hierdie drie dinge te doen:

  1. Elimineer alle selfsugtige begeertes. Soek die Here vir sy wil.
  2. Werp die lig op alle goeie, rein begeertes. Identifiseer duidelik wat jy begeer en sê dit dan vir God.
  3. Aktiveer jou begeertes – moenie net daaraan dink nie, neem aksie.

God wil meer vir jou hê as wat jy vir jouself wil hê. Dit is tyd om skaamte en vrees eenkant toe te skuif en al jou begeertes voor die Vader te bring. Terwyl jy dit doen, kyk hoe Hy sy oordadige liefde vir jou demonstreer!