Deur Genade is Jy ‘n Oorwinnaar

David Wilkerson (1931-2011)

Wat is dit rakende geloof wat aanhou om groter toetse van ons te vereis? Waarom word ons verdrukkinge meer intens en erger hoe nader ons aan Christus kom? Net wanneer ons deur een beproewing kom wat ons getrou bewys, dan kom daar nog ‘n toets met verhoogde intensiteit. Talle godvresende gelowiges moet vra, “Here waaroor gaan hierdie verskriklike beproewing? U ken my hart en U en ek albei weet dat ek U sal vertrou, kom wat wil.”

Dink daaraan: Die presiese dag waarop jy jou lewe aan God toegewy het om Hom te vertrou, maak nie saak wat die prys sou wees nie, het Hy geweet dat jou huidige beproewing sou kom. Hy het toe geweet – en jy weet dit nou – dat jy Hom sal liefhê deur alles wat teen jou kom. Deur genade is jy vasbeslote om ‘n oorwinnaar te wees.

Die rede vir sulke aanhoudende beproewings, is goed bekend aan die meeste Christene. Dit is, die lewe van geloof demonstreer voortdurend die mensdom se behoefte vir die Here in alles. Ons bereik nooit ‘n punt van God nie nodig hê nie. Soos Jesus vir ons sê, ons doel is nie om daarna te streef om ons behoeftes vervul te kry nie, maar om te voed op elke woord wat uit die mond van God kom: “Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan” (Matthéüs 4:4).

‘n Addisionele rede agter ons toenemende verdrukkinge – ons beproewings wat selfs groter geloof vereis – gaan ver bo enigiets wat met hierdie wêreld te doen het. God se uitverkorenes word voorberei vir ewige diens in die hemel.

Toenemende verdrukkings, wat altyd meer standvastige geloof vereis, word ‘n struikelblok vir baie gelowiges. Paulus was beskuldig deur mede-Christene dat hy deur God getugtig was. Hulle het gesê dat sy lyding die gevolg van gebrek aan geloof was, of omdat hy een of ander geheime sonde weggesteek het. En menslik kan ons nie verstaan hoekom soveel swaarkry moes deurmaak nie. En uit Paulus se enigste getuienis, weet ons dat nie een van hierdie dinge hom ontstel het nie – en sy lewe het dit bewys.

“Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God” (Handelinge 20:24).

Geliefde, jy word gespeen van alles wat uit hierdie wêreld is. God is saam met jou om jou deur te dra na jou ewige beloning.