Toe Daar Wyn Kortkom

“En op die derde dag was daar ‘n bruilof te Kana in Galiléa, en die moeder van Jesus was daar. En Jesus en sy dissipels was ook na die bruilof genooi. En toe daar wyn kortkom, sê die moeder van Jesus vir Hom: Hulle het geen wyn nie. Jesus sê vir haar: Vrou, wat het Ek met u te doen? My uur het nog nie gekom nie. Sy moeder sê vir die dienaars: Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen” (Johannes 2:1-5).

Die meeste Christene weet dat dit by die bruilof te Kana was waar Jesus sy eerste wonderwerk gedoen het: “Hierdie eerste een van sy tekens het Jesus te Kana in Galiléa gedoen; en Hy het sy heerlikheid geopenbaar” (Johannes 2:11). Christus het pas sy bediening begin en Hy het reeds ‘n klein gevolg van dissipels gehad. Deur hierdie wonderwerk het doen, het Hy sy heerlikheid op ‘n skouspelagtige wyse geopenbaar.

Tog, die wonderwerk wat Jesus hier gedoen het, het ook ‘n diepere betekenis buite daardie tyd en plek vir die kerk. Vers 3 bevat ‘n kragtige simboliese woord: “Toe daar wyn kortkom...” Regdeur die Nuwe Testament, word wyn geassosieer met die geopenbaarde teenwoordigheid van God deur die Heilige Gees. Paulus praat daarvan wanneer hy skryf, “Moenie dronk word van wyn nie, maar word met die Gees vervul” (Éfesiërs 5:18).

Wat beteken dit vir die mense van God as die “wyn kortkom”? In hierdie toneel, was die wyn die middelpunt van die bruilof viering en was vrylik geskink en bedien aan die genooide gaste. Die toneel is ‘n beeld van ‘n vreugdevolle mensdom na wie God se Gees vrylik vloei. Maar nou het ‘n behoefte ontstaan omdat die wyn opgeraak het en die mense het nodig gehad om dit weer aan te vul om hulle vreugde te onderhou.

As Christene, het ons almal die Heilige Gees binne-in ons teenwoordig. Tog is dit ook waar dat ons die hele tyd met die Gees vervul moet wees. Elkeen van ons ervaar ‘n eb en vloed in ons wandel met Christus. Die lae tye beteken nie dat sy Gees ons verlaat het nie, maar dit beteken wel dat ons teruggeroep word om die diepe dors wat Hy in ons opwek te les. As kinders van God, het ons geestelike voedsel nodig wat net Hy kan gee — voedsel wat ons krag gee om ander lief te hê net soos Hy liefhet, om ‘n heilige lewe te lei wat Hom behaag  en om sy Woord met vrymoedigheid teenoor ander te spreek.

Sommige teoloë stem nie saam met hierdie denkrigting nie en sê dat alle gelowiges dieselfde mate van die Gees het te alle tye. Maar die Bybel maak ‘n sterk saak vir voortdurende invulling. By voorbeeld, die evangelie skrywers vertel ons dat die dissipels die Heilige Gees ontvang het toe Jesus op hulle geblaas het. Maar in Handelinge 2 en 4 na Christus se opstanding, is die dissipels weer op ‘n ander manier deur die Heilige Gees vervul en dit was met geopenbaarde krag uit die hoogte. Toe dit gebeur het, het hulle die evangelie met groot vrymoedigheid gepreek en ongelooflike wonderwerke in Christus se naam gedoen.

Die skolier en skrywer Warren Wiersbe sê Paulus se woorde “wees met die Gees vervul” beteken eintlik “word vervul,” wat ‘n voortdurende invulling beteken. Dit maak nie vir my saak wat jou teologie insake die Heilige Gees is nie. Dit is redelik duidelik dat om Jesus te dien, het ons almal nodig om met die Gees vervul te wees — om in konstante gemeenskap met Hom te wees sodat Hy sy geopenbaarde teenwoordigheid in ons aan ‘n ongelowige wêreld kan wys. En as jy Christus vir ‘n tyd lank al volg, sal jy deur ervaring weet hoe maklik jou siel droog kan raak en dat jy nodig het dat die Gees jou weer vul.

Ons sien dit nie net in die individuele lewens van Bybelse figure nie, maar ook in die kerkgeskiedenis. Toe my familie na New Jersey getrek het meer as ‘n dekade gelede, was my vrou, Kelly en ek baie opgewonde om die historiese kerke daar te besoek. Sommige het ‘n ryk geskiedenis gehad wat terugdateer tot die vroeë “Great Awakenings” in ons nasie. Ons het besoek afgelê in een gemeente waar die ondertekenaars van die Deklarasie van Onafhanklikheid eens op ‘n tyd lede was. Terwyl ons egter in die diens gesit het, het die omgewing geestelik so droog gevoel dat ons gevoel het asof die lewe uit ons uitgesuig word. Toe ons die plek verlaat het, het ons aan mekaar gevra, “Voel jy dat jy weer oor gered moet word?”

Ek bid dat die kerk se wyn vandag nie sal kortkom of opraak nie — dat die lewende, vertrouende, opofferende kerk van Jesus Christus nie sy vuur sal verloor en binne ‘n generasie se tyd net ‘n leë dop van homself sal word nie. Dit is jammer dat dit keer op keer met die kerk deur die geskiedenis gebeur het.

Ons mag na die altaar hardloop en die wyn van God se Gees soek, maar vir baie lê die antwoord in eenvoudige gehoorsaamheid.

Toe Christus se moeder, Maria, sien dat die wyn opgeraak het, het sy die dienaars na haar seun gestuur en gesê, “Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen” (Johannes 2:5).

Vir baie van ons, kan die invulling met God se Gees in ons binnekamer of in ons gemeenskapskring plaasvind. Maar baie Christene sal slegs gevul word wanneer hulle God se duidelike bevele ernstig begin gehoorsaam. Ek is oortuig dat die probleem wat baie gelowiges beperk ‘n ongeërgde gesindheid teenoor God se stem in hulle harte en in sy Woord is. Deur sy aanwysings vir hulle lewens te verwaarloos, veral ten opsigte van sy heilige doelwitte, word hulle maklik van hulle vryheid en vertroue beroof.

‘n Paar maande gelede het ek met ‘n enkellopende jongman gepraat toe hy my vertel dat hy besluit het om by ‘n ongetroude paartjie in te trek wat saamgebly het. Ek het hom uitgedaag en gesê, “Dit klink nie vir my na ‘n baie gesonde omgewing vir jou nie.” Hy het geantwoord, “Ek voel dit is ‘n veilige situasie. Ek dink nie God sal vir my kwaad wees as ek dit doen nie.” Hy het dit nie in geloof gesê asof hy dit glo nie, maar soos ‘n tiener wat uit die huis uit sluip.

Uiteindelik, het die ongetroude paartjie uitgemaak. Gou was die jongman romanties betrokke by die vrou en het hy uiteindelik seksueel vasgevang geword. Ek vertel hierdie storie nie met oordeel nie, maar as ‘n eenvoudige illustrasie: Die beste weg om gevul te word met God se Gees is eenvoudig om sy stem te hoor en sy bevele te gehoorsaam. Deur dit te doen, verskaf vir ons vrede, veiligheid en vreugde en laat ons toe om namens God met gesag te praat. Soos Maria vir die dienaars by die bruilof gesê het, “Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen.”

Die bruilof wyn in hierdie gedeelte verteenwoordig meer as die Heilige Gees.

Die Skrif leer ons “daar het volgens die reinigingsgebruike van die Jode ses klipkanne gestaan, wat elkeen twee of drie ankers hou” (Johannes 2:6). Die dienaars het Jesus gehoorsaam en die klipkanne met water gevul wat wonderbaarlik verander het in ryk, smaaklike rooi wyn.

Daardie wyn verteenwoordig Jesus se verlossende bloed. In die Ou Testament, het God vir Moses gebruik om ‘n rivier van water in bloed te verander as ‘n teken van God se oordeel. Nou, in teenstelling daarmee, het Jesus water in wyn verander om God se Nuwe Testament in te stel. Deur hierdie wonderwerk het Hy gesein, “Julle reinigingsgebruike sal net julle uiterlike reinig, nie die diepste kern van jou hart nie. My reinigende bloed is nodig om dit in jou te doen.”

Kortliks, die ou weg was besig om geskiedenis te word, terwyl Jesus die nuwe weg ingewy het. Die gasheer by die bruilof het letterlik die nuwe ding in die wyn geproe wat deur Jesus se wonderwerk bewerkstellig is. Hy was verwonderd, “Elke mens sit eers die goeie wyn op en, wanneer hulle goed gedrink het, dan die slegste; maar u het die goeie wyn tot nou toe bewaar” (Johannes 2:10).

Dit was nie net die gasheer wat geseën was nie. Elkeen wat teenwoordig was, het voordeel getrek uit hierdie verstommende werk, insluitende die dissipels wat Jesus vergesel het: “Hierdie eerste een van sy tekens het Jesus te Kana in Galiléa gedoen; en Hy het sy heerlikheid geopenbaar, en sy dissipels het in Hom geglo” (Johannes 2:11). As Jesus se dissipels finale bewyse nodig gehad het dat Hy die Messias was, het hierdie wonderwerk dit voorsien. Dit het hulle oortuig om Hom met hulle alles te volg.

Wat ‘n pragtige beeld van ons diens aan die wêreld in Christus se naam. Die wêreld het sy bloed, wat vir ons uitgestort is en vrylik in ons lewens vloei deur sy offer, desperaat nodig. En hierdie gawe is bedoel om uitgegiet te word vir ander op hulle beurt sodat hulle geseën kan wees soos ons geseën is.

Baie Christene van vandag is net tevrede om God se seën te ontvang en hulle beperk hulle toewyding aan Hom tot Sondagdienste. Ander is so ywerig om sy seën te ervaar dat hulle van die een herlewing na die ander reis, terwyl hulle uitroep, “Giet dit op my uit, Here!” Al hulle energie, fokus en hulpbronne word gespandeer om God se seën te ontvang en dit word nie op ander uitgegiet nie. Dit is nie die doel van seëninge nie. Moenie my verkeerd verstaan nie — dit is reg en goed om voortdurend met die Heilige Gees vervul te word. Maar as Christus se lewende liggaam, word ons geroep om meer te doen as om te proe; ons word beveel om sy ryke seëninge aan ander te bedien.

Daar is nog ‘n boodskap in hierdie toneel wat bedoel is vir laaste-dag gelowiges.

“U het die goeie wyn tot nou toe bewaar” (Johannes 2:10). Die bruilof gasheer het nie geweet hoe profeties sy woorde was nie. God het sy heerlikheid in die laaste dae geopenbaar deur sy Gees op sy kerk uit te stort. Dit sluit in die hedendaagse generasie waarin ons leef met ‘n groterwordende onstuimige wêreld. ISIS (die terroriste Islamiese State) en Ebola is slegs enkele van die onlangse bedreigings vir die mensdom. Wall Street was so geruk deur die Ebola krisis en sy impak op lugverkeer dat die Dow 400 punte geval het in een dag.

Ons leef ook in ‘n tyd van groeiende vervolging. Onlangs het die burgemeester van Houston vereis dat pastore van die stad hulle preke by haar kantoor moet ingee by Woensdag voordat hulle dit Sondag preek. Op daardie manier kon owerhede monitor of pastore praat teen die burgemeester se “voorgestelde wet op badkamers,” waarin transgeslag mense toegelaat word om die teenoorgestelde geslag se badkamers te gebruik. Enigiemand wat haar edik sou teenstaan, sou die risiko loop om van minagting van die hof aangekla te word en kon moontlik tronk toe gaan.

Dit was egter ‘n klein opskudding in vergelyking met die vloed van gemors wat oor die wêreld uitgegiet word deur verdraaide boodskappe oor seks. Statistiek wys dat “sexting” op selfone so wydverspreid is selfs onder pre-adolossente en is dring selfs primêre skole binne.

Te midde van hierdie duisternis wat op ons neerdaal — die paniek oor Ebola, die vrees oor ISIS en hulpeloosheid om die vloedwaters van seksuele lis te stop — is ons veronderstel om ‘n seën te wees.  As volgelinge van Jesus, moet ons met Sy vrede vervul wees, onwankelbaar wees teen boosheid en ons lewens moet skyn as ligte te midde van die duisternis. Ons moet gereed wees met ‘n antwoord as mense rondom ons vra, “Hoe kan jy soveel vrede te midde van al hierdie dinge hê? Waar kom dit vandaan?”

God gaan ‘n getuienis gee van sy goedheid te midde van paniek, ‘n getuienis van heiligheid in bose tye. Vriend, sluit dit jou getuienis in? Bid saam met my: “Here, giet die wyn van U Gees op ons uit – U wyn van genesing, salwing, redding en herstel. Giet dit uit oor broers en susters wat vasgevang is in dooie godsdiens en bevry hulle om U weer kragtig te dien. Ons wil sien dat U deur u mense beweeg om nuwe lewe te bring. Amen!”