Here Jesus, Kom Gou

David Wilkerson (1931-2011)

Dit is die roepstem van die apostel Johannes in laaste boek van die Bybel: “Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!” (Openbaring 22:17, AFR53). Dit kom miskien vreemd voor dat Johannes hiervoor sou bid, aangesien hy geweet het dat Jesus self vir sy volgelinge gesê het: “En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom” (Matthéüs 24:4).

Wanneer laas het jy gebid: “Here Jesus, kom gou, kom gou”? Persoonlik kan ek nie onthou dat ek hierdie gebed al ooit gebid het nie. Ek het nooit geweet dat ek Christus se koms kon verhaas deur daarrna te verlang en hierdie woorde te bid nie.

Petrus gee egter vir ons bewys van hierdie fenomenale waarheid: “Julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt” (2 Petrus 3:12). In die Grieks beteken die uitdrukking “die koms van (daar)die dag ... verhaas,” om “te bespoedig, aan te spoor.” Petrus sê dat ons verwagtende gebede die Vader haastig maak, bespoedig en aanspoor om sy Seun gou terug te stuur.

Die barmhartige geduld van die Here bepaal die tydsberekening van sy wederkoms. Beteken dit dus dat ons nie moet bid vir sy koms nie? Glad nie. Christus self sê vir ons, “Want daardie dae sal daar ‘n verdrukking wees soos daar nog nie gewees het van die begin van die skepping af wat God geskape het tot nou toe, en ook nooit sal wees nie. En as die Here díe dae nie verkort het nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes wat Hy uitverkies het, het Hy dié dae verkort” (Markus 13:19-20). Stel jou voor wat kan gebeur as Christus se bruid regoor die wêreld sou wakker word en in die Gees sou bid, “Kom Jesus.”

Waar hoor ons dus hierdie roepstem van die Gees vandag? Dit kom deur diegene wat in die Gees leef en wandel, hulle liggame die tempel van die Heilige Gees, wat gevul is met ‘n verlange om by die Here te wees. Die Gees roep in en deur hulle, “Maak gou, Here, kom.”