Om Ons Grootste Vyande te Vergewe

Tim Dilena

C.S. Lewis het die volgende woorde geskryf: “Vergifnis is ‘n wonderlike idee totdat jy iemand moet vergewe.” Niks kan meer waar wees nie, of hoe?

Corrie ten Boom het een van die wonderlikste verhale oor vergifnis. Haar boek The Hiding Place handel oor hoe haar gesin Jode gehuisves het wat vir die Nazi’s in Amsterdam gevlug het. Die Nazi’s het hulle uiteindelik uitgevang en haar hele gesin in die konsentrasiekampe gesit. Almal van hulle is dood, behalwe Corrie. Sy het nog 30 jaar voortgegaan om die evangelie te verkondig.

Eendag, het Corrie gesê, het sy in München, Duitsland gepreek, dekades ná die dae van die konsentrasiekamp. By die kerk waar sy gepreek het, het sy ‘n bekende gesig gesien. Dit was ‘n wag wat haar gereeld elke dag gespot en in ‘n stort gesit en voorgegee het dat hy haar gaan doodmaak, en wat verantwoordelik was vir haar suster Betsie se dood. Hy het daar voor haar gesit.

Skielik, is vergifnis nie so wonderlike idee nie, of hoe?

Sy het die wag herken, maar hy het haar nie herken nie. Na die diens het die voormalige wag nadergekom en gesê: “Fraulein, ek het gehoor dat u Ravensbrück noem. Ek was ‘n wag daar. Maar sedert daardie dae het ek ‘n Christen geword. Ek weet dat God my vergewe, maar sou u my vergewe?”

Sy het gesê: “Ek het daar verlam gestaan. Hierdie man was ‘n monster. Hy het my gesin vermoor en my suster vermoor.” Sy het gesê dat terwyl sy daar gesit het, was dit haar gebed: “Vergewe my, Vader, vir my onvermoë om te vergewe.” Toe sê sy dat die krag van die Heilige Gees in haar opgewel het. Sy het gevoel hoe haar hand uitgaan, sy hand vasgryp en sy het gehoor hoe sy vir hierdie man sê: “Jy is vergewe.”

Later het sy gesê: “Daardie dag is nie net die man bevry nie, maar ek was ook vrygemaak.”

As jy vergewe, verander jy nie die verlede nie, maar jy verander jou eie toekoms. Dit is waaroor die evangelie gaan. Dit is die heerlikheid van wat ons glo; die manier waarop die Christendom sy vyande oorwin, is deur sy vyande te vergewe.

“Gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons ​​skuldenaars vergewe;  en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe” (Matthéüs 6:11-13, AFR53).

Nadat hy ‘n middestad gemeente in Detroit vir dertig jaar lank bedien het, het Pastoor Tim vir vyf jaar by Brooklyn Tabernacle in New York Stad en vir vyf jaar in Lafayette, Louisiana bedien. Hy het Senior Pastoor van Times Square Kerk geword in Mei 2020.